'N NUWE 20T SIDE TIPPER WA VIR MNR. VAN REENEN
DEUR LENE WOLMARANS | 22 AUGUSTUS 2025
Op 6 Augustus het ons heelgoedere bemarker, Jacques Pretorius van VKB Meganisasie Harrismith, met trots ’n splinternuwe 20t Side Tipper-wa afgelewer op ’n plaas in Bergville.
’n Groot dankie aan Mr. JP van Reenen vir u lojale ondersteuning – dit is altyd ’n voorreg om saam met toegewyde boere te werk en deel te wees van hul suksesverhaal.
Vir die Harrismith-span is dit nog ’n mylpaal wat wys hoe ons saam met ons kliënte groei en ontwikkel.

vir enige navrae kontak Jacques Pretorius by 072 959 6659
of epos
HARRISMITH SE NUWE VKB MEGANISASIE TAK VIER HULLE EERSTE AFLEWERING
DEUR LENE WOLMARANS | 22 AUGUSTUS 2025
Op 22 Julie 2025 het ons splinternuwe VKB meganisasie tak in Harrismith sy heel eerste groot mylpaal behaal – en wat ’n spesiale oomblik was dit nie!
Die tak het sy eerste aflewering gedoen: ’n 12m Boki dis, wat met trots aan Fyvie Farming oorhandig is. Ons heelgoederebemarker, Jacques Pretorius, het self die oorhandiging gedoen en saam met die kliënt die groot oomblik gevier.
Hierdie eerste aflewering is nie net ’n sukses vir die tak nie, maar ook ’n teken van die sterk vennootskappe wat ons saam met plaaslike boere bou. Dis net die begin van baie meer mylpale wat voorlê vir die Harrismith-span!

vir enige navrae kontak Jacques Pretorius by 072 959 6659
of epos
CASE IH BRING GROOT MASJIENE NA FRANSHOEK BOEREVERENIGING
DEUR LENE WOLMARANS | 20 AUGUSTUS 2025
Op 15 Augustus 2025 het die Franshoek Boerevereniging ’n baie spesiale boeredag aangebied – en dit was niks minder as indrukwekkend nie. Die dag het gedraai rondom ’n praktiese demonstrasie van van die nuutste en grootste landboumasjiene in die CASE IH-reeks.
Boere en belangstellendes kon van naby kyk hoe die splinternuwe CASE 715 Quadtrac sy spierkrag wys, terwyl die CASE Puma 220 en die CASE Magnum 405 net so baie aandag getrek het. Die verskillende CASE-spuite en die nuwe CASE Early Riser Planter het veral gewys hoe moderne tegnologie boerdery al hoe meer presies en doeltreffend maak.
Maar dit het nie net by trekkers en implemente gebly nie – daar was ook ’n hele reeks konstruksiemasjiene op die veld, wat beslis vir groot nuuskierigheid gesorg het.
Tydens die praktiese demonstrasies, is daar waardevolle inligting gedeel oor presisieboerdery, met spesiale klem op die nuutste plantertegnologie van Precision Planting. Dit het baie gesprekke aangevuur oor hoe boerdery al hoe slimmer en tegnologieser word.
Hierdie boeredag is moontlik gemaak deur die samewerking tussen VKB, CASE en CASE Konstruksie – en dit het weereens gewys hoe belangrik vennootskappe in die landbougemeenskap is.


OPLEIDING IN REITZ – DANKIE AAN EQUALIZER
DEUR LENE WOLMARANS | 23 JUNIE 2025
Tussen 10 en 12 Junie het ons heelgoedere bemarkers, werktuigkundiges en onderdele-bemarkers die voorreg gehad om deel te neem aan teoretiese én praktiese opleiding wat deur Equalizer aangebied is in Reitz.
Ons sê baie dankie aan die span van Equalizer vir die insiggewende, professionele en waardevolle opleiding. Julle kennisdeling dra grootliks by tot die ontwikkeling van ons span!


AFLEWERING VAN CASE JX75 TREKKERS
DEUR LENE WOLMARANS | 16 APRIL 2025
Gerrie Lindeque heelgoedere bemarker te VKB Meganisasie Delmas, het op Vrydag 7 Februarie 2025, 2x Case JX75 4x4 trekkers afgelewer by mnr Frikkie Rossouw.
Baie dankie mnr Frikke Rossouw vir u lojale ondersteuning aan VKB Meganisasie

Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak Gerrie Lindeque by 082 907 7492
of epos