SENEKAL GHOLF DAG VIR VEILIGHEID
DEUR INA DU PREEZ | 20 JUNIE 2024
Senekal boerevereniging het op 7 Junie 2024 'n veiligheids gholf dag gehou. David Exley en Waldo Marais, heelgoedere bemarkers van VKB Meganisasie Bethlehem het Case trekkers uitgestal en spelers voorsien van verversings vir die keel en braaivleis.
Baie dankie David en Waldo vir julle teenwoordigheid daar.

Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak David Exley by 082 554 7116 of Waldo Marais by 079 516 8453 of
epos
PIONNE STUDIEGROEP STROOP DAG
DEUR INA DU PREEZ | 20 JUNIE 2024
Op Woensdag 12 Junie 2024 het Neil Fraser, heelgoedere bemarker van VKB Meganisasie Delmas, die Stroop Dag van Pionne Studiegroep te Delmas bygewoon. Daar was baie boere teenwoordig asook verskaffers soos Case Konstruksie, Agricad, Falcon, Radium en nog vele meer. Mnr Nico van der Walt, Uitvoerende Hoof Meganisasie het ook die dag bygewoon.
Neil het 'n Case Patriot 4350 spuit, Case 570SV TLB, Amazone strooier, Agricad kunsmis strooier, verskeie Case trekker reekse uitgestal en ook van die items gedemo. Die dag was baie suksesvol.


Vir enige navrae ivm van die items wat uitgestal was, kontak Neil Fraser by 072 852 7268 of
epos
VKB MEGANISASIE VERKOOP EERSTE DRONE
DEUR INA DU PREEZ | 14 JUNIE 2024
David Exley, heelgoedere bemarker van VKB Meganisasie Bethlehem het Donderdag 13 Junie 2024, die eerste DJI Drone wat deur VKB Meganisasie verkoop is afgelewer.
Mnre Thomas en Jan Theron van die plaas Harmonie, Dundee was baie opgewonde met hulle DJI T50 drone. Rudi du Toit - VKB Meganisasie Produk Spesialis en Hendri Louw van Agrihawk was ook daar om opleiding te gee.
Mnr Thomas Theron, baie geluk met u aankope - dankie vir u lojale ondersteuning.

Vir enige navrae ivm Drone, kontak u naaste VKB heelgoedere bemarker of
Rudi du Toit, VKB Meganisasie Produk Spesialis by 073 081 8279
WITTEBERG HOëRSKOOL BESOEK VKB MEGANISASIE BETHLEHEM
DEUR INA DU PREEZ | 12 SEPTEMBER 2023
VKB Meganisasie Bethlehem is op 31 Augustus 2023 vereer met die teenwoordigheid van 46 graad 10 leerders van die Hoërskool Witteberg Bethlehem. Hulle is vergesel deur Mnr Els van Hoërskool Witteberg. Die tema van die besoek het gegaan oor die onderhoud van landbou toerusting en ook oor die nuutste Landbou Tegnologie. Die leerders is verduidelik is hoe die invoer proses van nuwe Case produkte werk. Die funksie van die onderdele afdeling en die werkswinkel is ook deur Theo Roux, bedryfspunt bestuurder van VKB Meganisasie Bethlehem verduidelik aan die leerders.
'n Case Puma 180 trekker is "ge-dyno" om die leerders te wys hoe nuwe heelgoedere "ge-pdi" word voordat dit aan nuwe eienaar oorhandig word. Van die leerders het ook kans gekry om self 'n Case trekker en Case hoogloop spuit met autosteer te bestuur. Die nuwe Case AFS Connect program is aan die leerders verduidelik en is ook aan hulle gewys hoe dit gebruik word om VKB Meganisasie se diens te bevorder en meer gerief aan die kliënt te verskaf.
Theo Roux het aan elke leerder 'n geskenkie oorhandig aand die einde van die dag.



Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak Theo Roux by 082 818 9705
of epos
VKB/MEETS DEMODAG
DEUR INA DU PREEZ | 10 JULIE 2023
Op 14 Junie 2023 het Meets Boerevereniging in samewerking met VKB Meganisasie Bethlehem 'n Case produk uitstalling en demodag gehou. Theo Roux, bedryfspunt bestuurder van VKB Meganisasie Bethlehem en sy heelgoedere bemarkers, David Exley en Waldo Marais was verantwoordelik vir al die Case heelgoedere items wat gedemo en uitgestal is by die Meets boerevereniging.
Daar is gedemonstreer met 'n Case STX 600 Steiger en 10m Case Barracuda dis. Daar was verskeie items, soos 'n TLB 570, Magnum 280, Maxxum 140 en 125 en ook 'n JXT75. VKB was die enigste borg, daar was net Case heelgoedere uitgestal op die dag. Case spesialiste op die verskeie produkte was ook teenwoordig.
Daar was ongeveer 95 mense teenwoordig. Volgens Theo Roux was dit 'n baie suksesvolle dag. Mnr PG Strauss, Besturende Direkteur: VKB Groep was ook teenwoordig en was 'n spreker op die demodag.


Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak Theo Roux by 082 818 9705
of epos
