VKB MEGANISASIE WERKSESSIES - LEROUX DU TOIT
DEUR INA DU PREEZ | 27 JUNIE 2023
VKB Meganisasie het Leroux du Toit genader om werksessies vir VKB Meganisasie personeel aan te bied.
Leroux du Toit is 'n gesertifiseerde spreker en afrigter en 'n trotse lid van die Maxwell-leierskapspan. Leroux se passie is om mense te help om 'n bevorderlike omgewing te skep en 'n wen-ingesteldheid te ontwikkel. Leroux glo dat mense groot dinge kan bereik, maar buitengewone dinge wanneer hulle met ander saamwerk. Van korporatiewe ontwikkeling tot jeug inisiatiewe, die dryfkrag is om mense te help floreer en tot hule beste te groei.
Die eerste werksessie is aangebied vir die VKB Vrystaat en Limpopo werktuigkundiges, wat gereël is deur Boy du Preez, Tegniese Bestuurder van VKB Meganisasie. Dit is gehou op 9 Maart 2023 te Lavender Hill Country Estate Bethlehem.
Op 20 Maart 2023 het Nico van der Walt, UItvoerende Hoof Meganisasie 'n werksessie vir die VKB Vrystaat en Limpopo heelgoedere bemarkers en VKB Vrystaat en Limpopo Onderdele bestuurders gehou te De Loft Gastehuis Bethlehem.
VKB Meganisasie Delmas se personeel het ook 'n werksessie op 3 Junie 2023 te Delmas bygewoon. Die nuwe Bedryfspunt Bestuurder, Hennie Moolman was ook teenwoordig.
VKB Meganisasie Vrede het ook 'n nuwe Bedryfspunt Bestuurder gekry, Otto John. Op Saterdag 10 Junie het VKB Meganisasie Vrede se personeel saam met Nico van der Walt, Boy du Preez en Joseph Malinga ook 'n werksessie van Leroux du Toit bygewoon.
Al die werksessies was uiters suksesvol en baie leersaam. Nico van der Walt en Boy du Preez is besig om vir al die VKB Meganisasie bedryfspunte werksessies met Leroux du Toit te reël.



"Talent wins - Teamwork wins championships" - Leroux du Toit
VKB POLOKWANE AT MEROPA CASINO
Written by Ina du Preez | 14 June 2023
On the 30th and 31st of May 2023 Jaco Els, wholegoods marketer of VKB Polokwane exhibited Case tractors at the SACOA conference held at the Meropa Casino in Polokwane.
The theme was - "Showcase of the evolution of Argriculture in Afrika". Present were 17 countries out of the SADEC region with 12 agricultural unions.

For any inquiries regarding Case wholegoods, please contact Jaco Els at 076 284 5171
or email
NEW CASTLE BOERERALLY
DEUR INA DU PREEZ | 27 SEPTEMBER 2022
Phil Brits, VKB heelgoedere bemarker te Vrede, het op Saterdag 24 September die New Castle boererally bygewoon. Daar was 50 spanne - 2 manne per span, wat deelgeneem het aan die rally en ook aan ander aktiwiteite wat daar was.
Daar was bv ook skyfskiet kompetisie. Die span met die meeste punte was die wenspan vir die dag.
Phil, wat VKB verteenwoordig het, het met 'n Case 570T TLB deelgeneem - sien fotos van aktiwiteite wat gedoen moes word met TLB.

Vir enige navrae oor Case produkte, kontak Phil Brits by 060 636 6258 of
epos