DANKIE Sê GOLFDAG 2026 VREDE: 'N DAG VIR DIE BOERE
DEUR LENE WOLMARANS | 26 JUNIE 2026
Op 22 Mei 2026 het ons ’n besondere dag saam met ons boeregemeenskap beleef tydens ons Dankie Sê Golfdag.
Dit was ’n geleentheid om waardering te wys aan die Boere wat elke dag met passie, deursettingsvermoë en harde werk die landboubedryf aan die gang hou.
Met die ondersteuning van ons verskaffers kon ons ’n suksesvolle dag aanbied waar borge die geleentheid gehad het om uit te stal en blootstelling aan hul produkte te kry. Die atmosfeer was gevul met lag, netwerkgeleenthede, plaasstories en die bekende boerehumor wat altyd die dag ligter maak.
Verskeie trekkers en implemente was op uitstalling en het groot belangstelling gewek onder die boere en besoekers.

CASE UITSTALLING:
- Case IH Reeks
Case Puma 200
Case Maxxum 110
Case Puma 140
Case Puma 155
Case JX75
Case TLB 570 SV

ANDER IMPLEMENTE EN TOERUSTING
- Amazon Strooier
- Orbach Hark
- Orbach Loader
- Kuhn Spuit
- Jacto Spuit
- Ripper Tillage se Rol Eg
- Boki Inline Ripper
- Jakkals Kontoer Maker

Elke produk het sy eie unieke waarde en doel op die plaas, en die uitstalling het vir boere die geleentheid gegee om die toerusting van nader te besigtig en meer oor die praktiese toepassings daarvan te leer.
Die dag het weereens bewys hoe sterk die landbougemeenskap saamstaan wanneer dit kom by ondersteuning, samewerking en waardering. Sonder ons verskaffers, borge, deelnemers en elke boer wat opgedaag het, sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.
Aan elke persoon wat bygedra het: dankie dat julle deel was van ’n dag wat nie net oor besigheid gegaan het nie, maar oor verhoudings, gemeenskap en waardering vir die mense wat die grond bewerk sodat ander kan leef.

Ons sien reeds uit na die volgende een.
Dankie aan Vrede Meganisasie (Pieter Kapp & Phil Brits) vir die reel van die dag
10 April – MEGANISASIE SE JAARLIKSE GALA-AAND
DEUR LENE WOLMARANS | 21 APRIL 2026
Op 10 April het Meganisasie hul jaarlikse Gala-aand met groot sukses aangebied. Dit was ’n aand waar ons stilgestaan het om dankie te sê aan al ons top presteerders vir hul harde werk en toewyding deur die jaar.
Die geleentheid was propvol styl en elegansie, met die dames wat hul mooiste rokke uitgehaal het en behoorlik geskitter het. Die aand is gekenmerk deur ’n gesellige atmosfeer, goeie geselskap en trots op wat as span bereik is.
’n Belangrike hoogtepunt van die aand was die prysuitdelings:
Top Drie Heelgoedere Bemarkers
- Goud: Johan van Zyl
- Silwer: Theo Roux
- Brons: Phil Brits
Top Drie Onderdele Bemarkers
- Goud: André Strydom
- Silwer: Tessa Els
- Brons: Riaan Joubert
Top Drie Werktuigkundiges
- Goud: Max van den Berg
- Silwer: Fanie Kleinhans
- Brons: Reino Botha
- Limpopo werktuigkunidge van die jaar: Lood Riekert
Sentrum van die Jaar
- Vrystaat: Bethlehem
- Limpopo: Warmbad
Onderdele Tak van die Jaar
- Vrystaat:
- Goud: Bethlehem
- Silwer: Petrus Steyn
- Brons: Vrede
- Limpopo:
- Warmbad
Admin Dames van die Jaar
- Vrystaat: Neleen Appelgryn
- Limpopo: Amanda de Klerk
Wildkaart-toekennings
Erkenning is ook gegee aan vyf individue wat uitgestaan het gedurende die jaar:
Jaco Els, Erwee Mostert, Pieter Coetzee, Waldo van der Merwe en Pieter Kapp.
Baie dankie aan elkeen vir julle harde werk en bydrae – dit maak ’n verskil en bou aan Meganisasie se sukses.
Ons sien uit na nóg ’n suksesvolle jaar… volgende jaar maak ons weer so!


BIELIEMIELIE FEES 2026 - 'n Groot sukses
DEUR LENE WOLMARANS | 21 APRIL 2026
Van 26 tot 28 Februarie 2026 was dit weer tyd vir die skou van die jaar – die gewilde Bieliemielie Fees. Soos altyd het Meganisasie uitgehaal en gewys, en besoekers beïndruk met hul indrukwekkende uitstalling.
Die splinternuwe AF9-stroper was sonder twyfel die groot trekpleister, terwyl verskeie Case-trekkers ook hul staal gewys het. By ons stalletjie was daar geen tekort aan opwinding nie – veral met die Reverse Plaaspret-kampioene wat vanjaar weer gesorg het vir hope pret en vermaak.
Van die deeglike voorbereiding tot die hartlike verwelkoming van boere en besoekers, kan ons met trots sê dat die 2026 Bieliemielie Fees ’n reuse sukses was.
’n Spesiale dankie aan elke spanlid wat betrokke was by ons stalletjie – julle harde werk en toewyding het nie ongesiens verbygegaan nie.

(die betrokke span by CASE VKB stalletjie 2026) 


NUWE CLG 13-TAND VIR GMJ BOERDERY
DEUR LENE WOLMARANS | 22 AUGUSTUS 2025
Op 12 Augustus 2025 het ons heelgoedere bemarker, Pieter Brand van VKB Meganisasie Ermelo, met trots ’n CLG 13-tand afgelewer aan GMJ Boerdery.
Vir Pieter en die Ermelo-span was dit ’n spesiale oomblik – elke aflewering is immers ’n geleentheid om ons kliënte te ondersteun met die regte toerusting om hul boerdery vorentoe te vat.
’n Groot dankie aan GMJ Boerdery vir hul vertroue en lojale ondersteuning. Saam bou ons aan ’n sterker landbougemeenskap!

vir enige navrae kontak Pieter Brand by 076 093 0599
of epos
NUWE STAALMEESTER-STROOIER VIR VIKING PONY PROPERTIES
DEUR LENE WOLMARANS | 22 AUGUSTUS 2025
Op 7 Augustus 2025 het ons heelgoederebemarker, Jacques Pretorius van VKB Meganisasie Harrismith, weer rede gehad om trots te wees. Hierdie keer is ’n Staalmeester-strooier afgelewer aan Viking Pony Properties.
Vir ons span beteken elke aflewering baie meer as net ’n transaksie – dit gaan oor vennootskappe, groei en die deel van ’n passie vir boerdery. ’n Groot dankie aan Viking Pony Properties vir hul vertroue in ons produkte en diens!

vir enige navrae kontak Jacques Pretorius by 072 959 6659
of epos
