AFLEWERING VAN CASE PUMA 155
DEUR INA DU PREEZ | 21 OKTOBER 2024

Jaco Els, VKB heelgoedere bemarker te VKB Meganisasie Pietersburg het op 15 Oktober 2024 'n Case Puma 155 met volle GPS afgelewer aan mnr Salie Vermaak van Pietersburg.
Mnr Vermaak, baie dankie vir u getroue en lojale ondersteuning aan VKB Meganisasie.
Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak Jaco Els by 076 284 5171 of
epos
MARTIGNANI SPUITE AFLEWERINGS
DEUR INA DU PREEZ | 21 OKTOBER 2024
Op 24 September 2024 is die eerste Southtrade Martignani elektrostatiese spuit afgelewer aan Agrivet Boerdery te Tzaneen deur Jaco de Wet, VKB heelgoedere bemarker van VKB Meganisasie Tzaneen. Die tweede Martignani spuit is afgelewer die 9de Oktober.
Mnr Kosie Eloff van Agrivet Boerdery is baie tevrede met die spuite. Mnr Eloff, baie dankie vir u lojale ondersteuning.

Vir enige navrae ivm Martignani spuite kontak Jaco de Wet by 083 626 6348 of
epos
AFLEWERING CASE STEIGER 600
DEUR INA DU PREEZ | 16 OKTOBER 2024
VKB Meganisasie heelgoedere bemarker te Delmas, Neil Fraser, het op 27 September 2024 'n Case Steiger 600 afgelewer te aan mnr Charl Holl van Lakat Trading Bapsfontein.
Mnr Charl Holl, baie dankie vir u lojale ondersteuning.
Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak Neil Fraser by 072 852 7268
of epos
DRONE DEMO DAG TZANEEN
DEUR INA DU PREEZ | 12 AUGUSTUS 2024
Op 18 & 19 Junie 2024 het Jaco de Wet, heelgoedere bemarker te VKB Meganisasie Tzaneen demonstrasies gehou te Koekwe Farms Deerpark, Tzaneen. Dit was in samewerking met die SAMGA studiegroep - South African Mango Association.
SAMGA studiegroep het plantsiektes onder die mangos met die kliënte bespreek waarna daar 'n drone demonstrasie deur Rudi du Toit, VKB Produkspesialis en Johan Adam van Agrihawk gehou is. Johan Adam het die drone aan die kliënte voorgestel en bome is bespuit om van drippel grootte tot liters per hekaar die omvang van die doeltreffenheid van die bespuiting in boorde te bepaal.
Daar is ook demonstrasies gehou met 'n Tomcat Chipper en 'n Mulcher van Southtrade. Met die mulcher is gewys hoe dit tussen die bome skoongemaak word en die materiaal na die kante uitgegooi word onder die bome vir vogbewaring.
Vir enige navrae ivm drones, Tomcat chippers en Southtrade mulchers, skakel Jaco de Wet by 083 626 6348
of epos
VKB MEGANISASIE WARMBAD AFLEWERING
DEUR INA DU PREEZ | 26 JUNIE 2024
Op Woensdag 19 Junie 2024 het Petrus Erasmus, heelgoedere bemarker van VKB Meganisasie Warmbad 'n groot aflewering gedoen by Risla Boerdery Settlers. Mnr Rassie Jansen van Vuuren het drie Case Farmall JXm90 trekkers, 'n Case Maxxum 140 en 'n Mchale F5400 baler aangekoop by VKB Meganisasie Warmbad.
Baie geluk met u aankope mnr Rassie Jansen van Vuuren, dankie vir u lojale ondersteuning.

Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak Petrus Erasmus by 082 321 0988 of
epos