Caption

WITTEBERG HOëRSKOOL BESOEK VKB MEGANISASIE BETHLEHEM

DEUR INA DU PREEZ | 12 SEPTEMBER 2023

VKB Meganisasie Bethlehem is op 31 Augustus 2023 vereer met die teenwoordigheid van 46 graad 10 leerders van die Hoërskool Witteberg Bethlehem. Hulle is vergesel deur Mnr Els van Hoërskool Witteberg. Die tema van die besoek het gegaan  oor die onderhoud van landbou toerusting en ook oor die nuutste Landbou Tegnologie. Die leerders is verduidelik is hoe die invoer proses van nuwe Case produkte werk.  Die funksie van die onderdele afdeling en die werkswinkel is ook deur Theo Roux, bedryfspunt bestuurder van VKB Meganisasie Bethlehem verduidelik aan die leerders.

'n Case Puma 180 trekker is "ge-dyno" om die leerders te wys hoe nuwe heelgoedere "ge-pdi" word voordat dit aan nuwe eienaar oorhandig word. Van die leerders het ook kans gekry om self 'n  Case  trekker en Case hoogloop spuit  met autosteer te bestuur.  Die nuwe Case AFS Connect program is aan die leerders verduidelik en is ook aan hulle gewys hoe dit gebruik word om VKB Meganisasie se diens te bevorder en meer gerief aan die kliënt te verskaf.

Theo Roux het aan elke leerder 'n geskenkie oorhandig aand die einde van die dag.  

 

   

Vir enige navrae ivm Case produkte, kontak Theo Roux by 082 818 9705
of epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.