VKB MEGANISASIE WERKSESSIES - LEROUX DU TOIT

DEUR INA DU PREEZ | 27 JUNIE 2023

VKB Meganisasie het Leroux du Toit genader om werksessies vir VKB Meganisasie personeel aan te bied.  

Leroux du Toit is 'n gesertifiseerde spreker en afrigter en 'n trotse lid van die Maxwell-leierskapspan.  Leroux se passie is om mense te help om 'n bevorderlike omgewing te skep en 'n wen-ingesteldheid te ontwikkel. Leroux glo dat mense groot dinge kan bereik, maar buitengewone dinge wanneer hulle met ander saamwerk.  Van korporatiewe ontwikkeling tot jeug inisiatiewe, die dryfkrag is om mense te help floreer en tot hule beste te groei.

Die eerste werksessie is aangebied vir die VKB Vrystaat en Limpopo werktuigkundiges, wat gereël is deur Boy du Preez, Tegniese Bestuurder van VKB Meganisasie.  Dit is gehou op 9 Maart 2023 te Lavender Hill Country Estate Bethlehem.  

Op 20 Maart 2023 het Nico van der Walt, UItvoerende Hoof Meganisasie  'n werksessie vir die VKB Vrystaat en Limpopo heelgoedere bemarkers en VKB Vrystaat en Limpopo Onderdele bestuurders gehou te De Loft Gastehuis Bethlehem. 

VKB Meganisasie Delmas se personeel  het ook 'n  werksessie  op 3 Junie 2023 te Delmas bygewoon.  Die nuwe Bedryfspunt Bestuurder, Hennie Moolman was ook teenwoordig.

VKB Meganisasie Vrede het ook 'n nuwe Bedryfspunt Bestuurder gekry, Otto John. Op Saterdag 10 Junie het VKB Meganisasie Vrede se personeel saam met Nico van der Walt, Boy du Preez en Joseph Malinga ook 'n werksessie van Leroux du Toit bygewoon.

Al die werksessies was uiters suksesvol en baie leersaam. Nico van der Walt en Boy du Preez is besig om vir al die VKB Meganisasie bedryfspunte werksessies met Leroux du Toit te reël.

        

                                 

"Talent wins - Teamwork wins championships" - Leroux du Toit