DRONE DEMO DAG TZANEEN

DEUR INA DU PREEZ | 12 AUGUSTUS 2024

Op 18 & 19 Junie 2024 het Jaco de Wet, heelgoedere bemarker te VKB Meganisasie Tzaneen demonstrasies gehou te Koekwe Farms Deerpark, Tzaneen. Dit was in samewerking met die SAMGA studiegroep - South African Mango Association.  

SAMGA studiegroep het  plantsiektes onder die mangos met die kliënte bespreek waarna daar 'n drone demonstrasie deur Rudi du Toit, VKB Produkspesialis en Johan Adam van Agrihawk gehou is. Johan Adam het die drone aan die kliënte voorgestel en bome is bespuit om van drippel grootte tot liters per hekaar die omvang van die doeltreffenheid van die bespuiting in boorde te bepaal.

Daar is ook demonstrasies gehou met 'n Tomcat Chipper en 'n Mulcher van Southtrade. Met die mulcher is gewys hoe dit tussen die bome skoongemaak word en die materiaal na die kante uitgegooi word onder die bome vir vogbewaring.

Vir enige navrae ivm drones, Tomcat chippers en Southtrade mulchers, skakel Jaco de Wet by 083 626 6348
of epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.