Case IH is ’n wêreldleier in landboutoerusting en tegnologie.

Betroubaarheid en gehalte is die uitstaande kenmerke van die volledige reeks produkte wat aan die plaaslike mark verskaf word, insluitend trekkers, stropers, balers, spuite en bewerkingsimplemente. As ’n afdeling van CNH Industrial, word Case IH Landbou in Suider-Afrika verteenwoordig deur ’n netwerk van 24 onafhanklike handelaars (Suid-Afrika en Namibië) – vol-diensafsetpunte, 14 kleinhandeltakke wat altesaam 58 voldiens-afsetpunte beslaan; almal oorgehaal om kliënte met voortreflike diens en ondersteuning te bedien.

Elke individuele handelsmerk in die Case IH-portefeulje word wêreldwyd hoog aangeslaan, soos gedemonstreer deur die volgende staatmakers:

Case IH Patriot-spuite

Vir meer as drie dekades lewer Patriot-spuite uitnemende werkverrigting met toonaangewende kenmerke soos die AIM Command-spuitstelsel, aktiewe veringstelsels en die Surveyor-kajuit – wat dramatiese verhogings in produktiwiteit en verlaagde koste per hektaar tot gevolg het. Die Patriot 250 Extreme-spuit is die intreevlak-opsie in die vier-model- Patriot-reeks, wat ’n maklike stap na selfaangedrewe bespuiting bied vir boere wat voorheen op trekkeraangedrewe spuite moes staatmaak. Die regter- en linkerbalke van die nuwe Patriot is onafhanklik, met ’n totale spanwydte van 27 meter en die balkhoogte kan van 60 tot 220 cm gewissel word.
Die spuitbalke word gevoer deur ’n 2 500 liter-oplossingstenk en ’n 280 liter-spoeltenk, met ’n 36,5 liter- chemiese houertenk. Die Patriot 350-spuit het ’n 3 500 literoplossingstenk, met ’n 36 meter-balk. Die treffende Patriot 3250-, 4350- en 4450-modelle is spesiaal ontwerp vir gemaklike gebruik, bied volledige voertuigbeheer en het meer tegnologie as ooit tevore.

Die MultiControl-armleuning-uitleg wat in huidige model Steiger- en Magnum-trekkers gebruik word, is nou ook ’n kenmerk van hierdie reeks. Die MultiFunction-handvatsel hou algemeen gebruikte kontroles binne bereik van die operateur se vingerpunte.
Hierdie spuite kom standaard met twee aanpasbare skerms – die AFS Pro 1200 en die Viper 4+. Hierdie skerms gee operateurs ruimte om die inligting wat vir hulle belangrik is te vertoon, terwyl hulle die masjien en die produk wat hulle spuit, bestuur. Die AFS Pro 1200 maak onderstelmonitering en -beheer moontlik, terwyl die Viper 4+ gebruik word vir toegang tot outomatiese leidingopsies en ook om die produk te beheer.
Spuitbalke is beskikbaar in breedte- opsies van 18/27 m tot 21/41 m. Die balk se parallelskakel veringontwerp lewer stabiele toediening, selfs oor ongelyke terrein. Hierdie masjiene kan aangepas word met ’n wye reeks konfigurasies en tenkkapasiteite wat wissel van 3 028 liter tot 6 056 liter.
Al die Patriot-modelle deel sleutelontwerpkenmerke wat hierdie spuite laat uitstaan, insluitend kajuit-voor-, enjin-agter-ontwerp, gevorderde balkkonstruksie, langdurige leeftyd, maklik om te diens en ’n hoë herverkoopwaarde.

Case IH Puma-trekkerreeks

Met die Puma-trekkerreeks gaan alles oor doeltreffendheid, want dit verskaf die regte hoeveelheid krag vir primêre bewerking, boorwerk en vervoer. Of dit nou werk is met kontantgewasse of die trek van sleeptuie, Puma-trekkers se uitstaande krag-tot-gewig-verhouding sal die presiese krag lewer wat jy nodig het vir eersteklasdoeltreffendheid en brandstofbesparing.
Puma-trekkers beskik oor die krag en die vermoë vir moeitevrye beheer. Benewens die traksiebestuurstelsel, kan hierdie trekkers toegerus word met ’n reeks vooraskenmerke om stuur, rem en veiligheid sowel op die pad as op die werf te verbeter. Vierwielaandrywing en ewenaarslotbestuur word op alle modelle voorsien. Met kontroles om tussen handen outomatiese modusse oor te skakel, is die operateur in staat om ware traksie te benut met beide gemonteerde en gesleepte toerusting.
Die ruim Surround Vision-kajuit beskik oor geboë glas, lae geraasvlakke en ’n onbelemmerde uitsig oor die omgewing en die outomatiese klimaatbeheer-opsie verskaf die perfekte temperatuur vir deurlopende gerief. Kenmerkende Case IH-tegnologie word in elke aspek van hierdie betroubare masjiene benut. Die Puma-reeks het ’n model vir feitlik enige behoefte – van die 124 kW Puma 140, tot die 159 kW Puma 225 CVT. Hierdie veelsydige en duursame trekkers verhef beslis die begrip 'werkesel' tot nuwe hoogtes.

Case IH Magnum AFS Connect-trekkers

Die ultramoderne Magnum-trekkerreeks bied nuwe vlakke van tegnologie en gerief en is propvol opgedateerde kenmerke. Maar dis die Magnum se luukse herontwerpte kajuit en gevorderde plaasbestuurstelsel, AFS Connect, wat hierdie trekkers werklik laat uitstaan.
AFS Connect se draadlose konnektiwiteit bewerkstellig onmiddellike kommunikasie en tweerigting-data- oordrag tussen die masjien en sy bestuurder. Die tegnologie fokus op afstandbeheerde besigtiging van die trekker se AFS Pro 1200-bedryfskerm deur plaaseienaars, bestuurders en, met toestemming, die handelaar wat hul toerusting ondersteun, in te lig.
Die stelsel bied meer beheer, produktiwiteit, doeltreffendheid en akkuraatheid deur outomatisering. Magnum AFS Connect-trekkers is beskikbaar met CVXDrive- of Power- Drive-transmissie vir wiele- of Rowtrac- weergawes. Altesaam 12 modelle is beskikbaar, wat wissel in krag van 261 kW tot 324 kW. Met tot 11 700 kg hysvermoë en ’n TwinFlow-pomp met tot 282 l/min vloeitempo, is hierdie masjiene in staat tot feitlik enige taak op die plaas.

IH Axial-Flow-reeks stropers

Case IH se Axial-Flow 150-, 250-, 4000-reeks stropers voorsien boere van ’n bewese, veelsydige, koste-effektiewe oesstelsel. ’n Enkele in-lyn Axial-Flow®-rotor is die hart van die proses, wat dinamiese, presisie korrel-op-korrel-dorswerk vir verskeie graantipes lewer. Dit is nie net die rotor wat die Axial- Flow anders maak nie.
Die Cross Flow-skoonmaakstelsel wat die skeidingsproses volg, gebruik chevronvormige vinne om ’n eenvormige draaikolk langs sy as te skep om hoë volumes lugdeurset te genereer. Anders as konvensionele stelsels word daar geen lugleemtes geskep nie – verspreiding is konsekwent oor die onderkant van die siwwe – en waaierspoed is volledig verstelbaar om voorsiening te maak vir fyner saadgewasse.
Die uitmuntende gehalte van die korrels wat gelewer word, spreek boekdele. Die nuutste Case IH-stropers beskik oor Power Boost-tegnologie vir top-oesprestasie, plus ’n reeks gevorderde kenmerke en funksies om boere te help om maksimum opbrengste te bereik. Met hierdie bewese ontwerp bied Axial-Flow®- stropers die beste resultate, seisoen na seisoen.

Case IH Steiger AFS Connect-trekkers

Hierdie indrukwekkende masjiene is beskikbaar in wielmodelle: 400, 450, 500, 550 en 600 en Quadtrac-modelle: 450, 500 en 600, en spog met kragsyfers van 298 kW tot 447 kW, ’n kapasiteit van 12 900 cm³ en ’n maksimum pompvloeitempo van tot 428 l/min. AFS Connect sorg dat plaasbestuurders en operateurs maklik inligting tussen die trekker en ’n rekenaar kan oordra, alles draadloos, in beide rigtings.
Met die voordeel van AFS Connect Telematics het produsente die vryheid om die regte besluite te neem, ondersteun deur alle beskikbare data, op die regte tyd, enige plek, vanaf enige toestel. ’n Mobiele toepassing is ook beskikbaar om vloot- en plaasdata te visualiseer. Die AFS Vector Pro-ontvanger werk met verskillende GPS-seine, wat die beste deurlaat-akkuraatheid verseker.Die kragtige Steiger AFS Connecttrekkers kan gekonfigureer word om bykans enige taak te verrig en is gebou vir ’n groot verskeidenheid toepassings.

Northmec Implemente

Northmec Implemente, ’n afdeling van Case IH Landbou, voorsien Suid-Afrikaanse boere al vir 150 jaar van wêreldbekende landboutoerusting. NMI is die boer se betroubare raadgewer vir die beste landbou- oplossings en is daartoe verbind om kliënte van die beste handelsmerke en implemente te voorsien. Die omvattende reeks handelsmerke wat verteenwoordig word, is almal welbekend aan Suid-Afrikaanse boere en geniet betroubare ondersteuning van hul onderskeie vervaardigers, insluitend die volgende:

  • IMEP spuitbalk- en misblasers
  • Bunning-strooiers
  • Baldan CRI-skyfeg-reeks
  • Sitrex-skyfsnyers
  • Kelly Tillage System-bewerkingstelsel