DANKIE Sê GOLFDAG 2026 VREDE: 'N DAG VIR DIE BOERE
DEUR LENE WOLMARANS | 26 JUNIE 2026
Op 22 Mei 2026 het ons ’n besondere dag saam met ons boeregemeenskap beleef tydens ons Dankie Sê Golfdag.
Dit was ’n geleentheid om waardering te wys aan die Boere wat elke dag met passie, deursettingsvermoë en harde werk die landboubedryf aan die gang hou.
Met die ondersteuning van ons verskaffers kon ons ’n suksesvolle dag aanbied waar borge die geleentheid gehad het om uit te stal en blootstelling aan hul produkte te kry. Die atmosfeer was gevul met lag, netwerkgeleenthede, plaasstories en die bekende boerehumor wat altyd die dag ligter maak.
Verskeie trekkers en implemente was op uitstalling en het groot belangstelling gewek onder die boere en besoekers.

CASE UITSTALLING:
- Case IH Reeks
Case Puma 200
Case Maxxum 110
Case Puma 140
Case Puma 155
Case JX75
Case TLB 570 SV

ANDER IMPLEMENTE EN TOERUSTING
- Amazon Strooier
- Orbach Hark
- Orbach Loader
- Kuhn Spuit
- Jacto Spuit
- Ripper Tillage se Rol Eg
- Boki Inline Ripper
- Jakkals Kontoer Maker

Elke produk het sy eie unieke waarde en doel op die plaas, en die uitstalling het vir boere die geleentheid gegee om die toerusting van nader te besigtig en meer oor die praktiese toepassings daarvan te leer.
Die dag het weereens bewys hoe sterk die landbougemeenskap saamstaan wanneer dit kom by ondersteuning, samewerking en waardering. Sonder ons verskaffers, borge, deelnemers en elke boer wat opgedaag het, sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.
Aan elke persoon wat bygedra het: dankie dat julle deel was van ’n dag wat nie net oor besigheid gegaan het nie, maar oor verhoudings, gemeenskap en waardering vir die mense wat die grond bewerk sodat ander kan leef.

Ons sien reeds uit na die volgende een.
Dankie aan Vrede Meganisasie (Pieter Kapp & Phil Brits) vir die reel van die dag