BIELIEMIELIE FEES 2026 - 'n Groot sukses

DEUR LENE WOLMARANS | 21 APRIL 2026

 

Van 26 tot 28 Februarie 2026 was dit weer tyd vir die skou van die jaar – die gewilde Bieliemielie Fees. Soos altyd het Meganisasie uitgehaal en gewys, en besoekers beïndruk met hul indrukwekkende uitstalling.

Die splinternuwe AF9-stroper was sonder twyfel die groot trekpleister, terwyl verskeie Case-trekkers ook hul staal gewys het. By ons stalletjie was daar geen tekort aan opwinding nie – veral met die  Reverse Plaaspret-kampioene wat vanjaar weer gesorg het vir hope pret en vermaak.

Van die deeglike voorbereiding tot die hartlike verwelkoming van boere en besoekers, kan ons met trots sê dat die 2026 Bieliemielie Fees ’n reuse sukses was.

’n Spesiale dankie aan elke spanlid wat betrokke was by ons stalletjie – julle harde werk en toewyding het nie ongesiens verbygegaan nie.

 

span

(die betrokke span by CASE VKB stalletjie 2026)