Case oorsese toer 2019

Deur Ina du Preez | 12 September 2019

Case Northmec Isando het 'n oorsese toer gereĆ«l vir 'n groep boere van VKB en Agrifriend.  Die groep van 20 boere het vanaf 2 September tot 6 September 2019 die dorpie St Valentin in Oostenryk besoek.

Net buite St Valentin is 'n landbou museum wat besoek is, waar die groep die geskiedenis van Case en Steiger trekkers beleef het.

Die plaas Georg Landerl wat uit 80 hektaar bestaan, is besoek.  Op hierdie 80 hektaar word biologiese, konvensionele, bosbou en kruie boerdery gedoen!  Die gemiddelde plaas grootte in Oostenryk is 45 hektaar.

Die Steyr fabriek was 'n groot hoogte punt op die toer.

  • Daagliks word elke 10 min 'n trekker vervaardig
  • 300t materiaal per dag word gebruik
  • 6400 verskillende trekker spesifikasies
  • om een trekker te vervaardig word daar ongeveer 7300 parte gebruik
  • 10 000 trekkers per jaar word gebou    

Fabriek is in 1947 gestig en tot en met vandag is daar al 600 000 trekkers gebou.

\

Vir enige Case produkte, kontak u naaste heelgoedere bemarker.            

 


Find us here