Boeredag te Argent

Deur Ina du Preez | 14 Maart 2019

VKB Meganisasie Delmas het op 7 Maart 2019 'n boeredag by Argent in samewerking met die departement van Landbou in Delmas gehou.  

Christo Odendaal, heelgoedere bemarker te VKB Delmas het VKB  Meganisasie aan die boere bekend gestel.  Daar is 'n Case JX 95 4WD trekker en 'n Falcon slasher uitgestal.  Case se produk spesialis was ook teenwoordig om die boere meer te vertel van Case.

VKB handelstak was ook teenwoordig en hulle het verteenwoordigers van Molatek veevoere, Shell olies en Jo Jo tanks daar gehad, wat insette gelewer het.  Al die verteenwoordigers het 'n 5 minute spreek beurt gekry.

Daar was 50 opkomende swart boere teenwoordig. Die boere gaan in samewerking met die departement van Landbou soja en mielies plant by Argent.

Vir enige navrae skakel Christo Odendaal by selnr 072 383 5374 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

 


Find us here