NTK Louis Trichardt Case JX80 trekker aflewering

Deur Ina du Preez | 17 Augustus 2018

Heelgoedere bemarker Garreth Spaumer van NTK Louis Trichardt het op 17 Augustus 2018 'n Case JX80 4WD trekker afgelewer aan die gemeenskap van Mavhunga Primary Scheme te Malumba Limpopo.

Die gemeenskap bestaan uit 39 mense en die regering het hulle gehelp met die aankoop van 'n Case JX80 4WD trekker.

Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, me Maite Nkoana-Mashabane was teenwoordig tydens die demonstrasie en aflewering van die Case JX80 4WD trekker.

Garreth, ons wens jou en jou span sterkte toe met die aflewering van nog vele produkte.

 

Kontak gerus vir Garreth Spaumer vir enige navrae, selnr 082 804 6773

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 


Find us here