CASE 570 TLB's aflewering Pietersburg

Deur Ina du Preez | 10 November 2021

Mnr Jaco Els, heelgoedere bemarker te VKB Meganisasie Pietersburg was die eerste week van November 2021 baie bedrywig met die aflewering van 2 Case 570 TLB's in die Pietersburg omgewing.

Op Donderdag 4 November 2021 is 'n Case 570 TLB afgelewer aan mnre Human en Pieter du Preez van Uitdraai Boerdery. Mnr Human du Preez is 'n direkteur van die VKB Landbou Groep en 'n leier boer in die Limpopo. Baie dankie mnre du Preez vir u getroue ondersteuning aan VIB Meganisasie Pietersburg.

 

Vrydag, 5 November 2021 is 'n Case 570 TLB afgelewer aan mnr Antonie Verkuil van Boschkuil Boerdery Pietersburg. Mnr Antonie Verkuil is ook een van VKB se  gewaardeerde kliënte en 'n gerekende Case produkte boer.  Baie dankie vir u ondersteuning mnr Verkuil.

Vir enige navrae ivm Case produkte, skakel Jaco Els by 076 284 5171
of epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.