Eram Windpomp skietdag

Deur Ina du Preez \ 7 Oktober 2021

Saterdag 28 Augustus 2021 is die Windpomp skietdag gehou te Eram distrik naby Harrismith.  Daar was ongeveer 190 persone wat skyf geskiet het.  Mnr Koos van Rensburg, Besturende Direkteur van VKB Landbou was ook teenwoordig. VKB Landbou was die hoofborg vir die dag.  Die eerste prys was 'n Case  TS138 ride-on grassnyer.

Mnr Deon de Villiers van Pretoria het weggestap met die eerste prys.  Baie geluk met mnr de Villiers!

Theo Roux, heelgoedere bemarker van VKB Warden het die prys - Case grassnyer, aan mnr de Villiers oorhandig.

Vir enige Case produkte navrae, skakel Theo Roux by 082 818 9705 
of epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.