AFLEWERING DERICK STEYN

Deur Ina du Preez | 20 September 2021

Op 30 Julie 2021 het Neil Fraser, VKB heelgoedere bemarker 'n Equalizer 12/914 planter en 'n Case SPX 4430 spuit afgelewer aan mnr Derick Steyn van Karee Boerdery Heidelberg. Nico van der Walt, Uitvoerende Bestuurder van Meganisasie en Neil  het ook namens VKB Meganisasie 'n Case grassnyer aan mnr Steyn oorhandig om dankie te sê vir al sy aankope en ondersteuning aan VKB.

Die dag is afgesluit met 'n heerlike braai op mnr Derick Steyn se plaas.  Eddie Gammie van Equalizer en Jacques Coetzee van CNH was ook teenwoordig met die aflewerings.

Baie dankie vir u ondersteuning mnr Derick Steyn.  

Vir enige navrae ivm Equalizer planters of Case produkte, skakel asb. vir Neil Fraser by 072 852 7268